Bepalings en voorwaardes

Inhoud

  1. Inleiding
  2. Waardes
  3. Beperkte aanspreeklikheid en vrywaring
  4. Privaatheid
  5. Kopiereg
  6. Inhoudsbestuur
  7. Skakels na derde partye
  8. Deelname deur gebruikers
  9. Klagtes
    1. Klagtes oor inhoud en kommentaar
    2. Klagtes oor privaatheid of misbruik van persoonlike data
    3. Klagtekanale
  10. Nuusbriefvrywaring
    1. Inleiding
    2. Geen advies
    3. Geen vertoë of waarborge nie
    4. Beperkings en uitsluitings van aanspreeklikheid
    5. Uitsonderings
    6. Skeiding
    7. Reg en jurisdiksie
    8. Ons besonderhede
  11. Algemeen
  12. Beleidadministrasie
  13. Bekragtiging

1. Inleiding

i. Hierdie bepalings en voorwaardes geld vir alle inligting en gebruik van teks en funksionaliteit op sosialemediaplatforms, nuusbriewe, kennisgewings, inligtings- en bemarkingse-posse asook webwerwe wat deur Gimnasium Pretoria MSW beskikbaar gestel is. Alle materiaal en platforms is onafhanklik saamgestel en gepubliseer deur Gimnasium Pretoria MSW. Hierdie webwerwe bestaan uit gimnasium.co.za.

ii. Die webwerf gimnasium.co.za is spesifiek saamgestel met die doel om inligting te lewer aan die algemene publiek, media, lede en kliënte. Die gebruik van gimnasium.co.za webwerf is gratis, alhoewel sekere dienste, soos bywoning van sekere geleenthede, opleidingsessies en webinare of die verkoop van items op hierdie webwerf kan geskied.

iii. Webwerwe mag gespreksfunksies insluit soos by die sosialemediaspasies van Gimnasium Pretoria MSW, onder andere Facebook en Instagram. Gesprekke kan ook deur enige gesprekskanaal van Gimnasium Pretoria plaasvind, soos WhatsAppgroepe, -kanale of -gemeenskappe, videokonferensies, webinare, funksies of kongresse wat deur Gimnasium Pretoria MSW gereël is. Gesamentlik sal hierdie dokument na al hierdie ruimtes voortaan as Gimnasium-kuberruimtes verwys.

2. Waardes

Gesprekvoering op die Gimnasium-kuberruimtes geskied in ‘n bepaalde konteks van voorkeure wat ook deur al Gimnasium Pretoria MSW se inhoud weerspieël word.

i. Christelike waarderaamwerk: Gesprekvoering vind binne ‘n Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.

ii. Individuele vryheid: Elke mens is in die eerste plek vir hom- of haarself verantwoordelik en behoort vry van dwang te wees om sy/haar roeping na te streef.

iii. Vrye gemeenskapsvorming: Alle mense behoort hulself in gemeenskapsverband te kan uitleef – die hoekstene van die beskawing en ‘n sinvolle lewe.

iv. Respek aan die gesag van die tradisie: Die bewyslas vir die verwerping van ‘n gebruik of tradisie rus op die verwerper.

v. Aanslag: Enige kommunikasie, maar spesifiek artikels handhaaf ‘n beskaafde toon. Lesers kan die artikels uitdagend, maar tog nie uittartend vind nie.

3. Beperkte aanspreeklikheid en vrywaring

i. Die gebruiker gebruik alle inhoud van enige kommunikasie wat op enige platform geplaas word, op eie risiko.

ii. Deur die gebruik van gimnasium.co.za, asook die nuusbrief- en ander inskrywings op gimnasium.co.za, gee die gebruiker aan die Gimnasium-webwerwe toestemming om hom/haar te kontak op enige van die kontakbesonderhede wat tydens inskrywing aangegee is.

iii. Gimnasium Pretoria MSW streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop, billike en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings en kommentaar van gebruikers op die Gimnasium-webwerwe en sosialemediaspasies is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van Gimnasium Pretoria MSW nie.

iv. Gimnasium Pretoria MSW bied geen waarborge met betrekking tot ‘n Gimnasiumkuberruimte of die inhoud daarvan nie.

v. Gimnasium Pretoria MSW waarborg nie die waarheid of korrektheid van enige inligting wat in enige kommunikasie van Gimnasium Pretoria MSW of op enige GImnasium-kuberruimte verskyn nie. Alhoewel Gimnasium Pretoria alles in sy vermoë doen om die gehalte en akkuraatheid van die dienste en inligting te verseker, is dit die gebruiker se verantwoordelikheid om die waarheid of korrektheid daarvan na te gaan.

vi. Gimnasium Pretoria MSW is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van welke aard ook al wat die gebruiker mag ly of aangaan as gevolg van sy/haar toegang tot of gebruik van enige inligting vervat op ‘n Gimnasium-kuberruimte nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:

vii. foutiewe inligting vervat op die webblad of enige kommunikasie wat van Gimnasium Pretoria of verwante dienste ontvang word nie;

viii. ongemagtigde toegang tot of wysiging van blaaie op die Gimnasium-kuberruimtes deur ‘n derde party;

ix. die onbeskikbaarheid van enige Gimnasium-kuberruimte;

x. die vernietiging van die gebruiker se data of rekenaartoerusting, of die data of rekenaartoerusting van ‘n derde party wat die gebruiker gebruik het om toegang tot die Gimnasium-kuberruimtes te verkry;

xi. skakeling of handeldrywing met of gebruik van dienste van ‘n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op enige van die Gimnasium-webwerwe of deur enige kommunikasie wat vanaf Gimnasium Pretoria MSW ontvang is.

xii. Die gebruiker vrywaar Gimnasium Pretoria teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat teen Gimnasium Pretoria MSW en/of die instellings van die Solidariteit Beweging ingestel word wat direk of indirek voortvloei uit die gebruiker se gebruik van, deelname tot, of toegang tot enige Gimnasium-kuberruimte.

xiii. Gimnasium Pretoria MSW behou die reg voor om enige Gimnasium-kuberruimte en/of die inhoud daarvan op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.

xiv. Die gebruiker is self verantwoordelik vir enige inhoud wat die gebruiker aan Gimnasium Pretoria MSW stuur, op die Gimnasium-webwerwe of enige Gimnasiumkuberruimte te laai of deur middel van Gimnasium Pretoria MSW aan ‘n derde party aanstuur.

xv. Gimnasium Pretoria MSW sal nie verantwoordelik gehou word vir die verlies van enige inhoud wat die gebruiker op ‘n Gimnasium-kuberruimte laai of daardeur aangestuur is nie en dit is die gebruiker se eie verantwoordelikheid om self ‘n reserwe kopie te maak.

xvi. Sonder om afbreuk te doen aan die algemene strekking van die voorafgaande, erken en aanvaar die gebruiker dat wanneer hy/sy enige publikasie, kommentaar, inligting of enige ander bydrae op die een van die Gimnasium-webwerwe of sosialemediaspasies plaas, dit as gevolg van laster tot moontlike benadeling kan lei deur ander gebruikers van die onderskeie platforms.

xvii. Sonder om afbreuk aan die voorafgaande te doen, vrywaar die gebruiker Gimnasium Pretoria MSW voorts teen enige lastereis wat die gebruiker moontlik teen ‘n ander gebruiker van die Gimnasium-webwerwe of enige ander onderskeie Gimnasiumkuberruimte kan instel of wat deur sulke ander gebruikers teen hom/haar ingestel kan word.

4. Privaatheid

i. Die gebruiker gee toestemming dat Gimnasium Pretoria MSW sy/haar persoonlike inligting mag insamel wat die gebruiker aan Gimnasium Pretoria MSW bekend maak deur die gebruik van ‘n Gimnasium-webwerf of deur die voltooiing van enige Gimnasium-vorm hetsy fisies of elektronies.

ii. Gimnasium Pretoria MSW kan sodanige persoonlike inligting gebruik vir doeleindes van bemarking van produkte binne die Solidariteit Beweging en vennote, asook om die funksionaliteit van die betrokke Gimnasium-kuberruimte te verbeter.

iii. Gimnasium Pretoria MSW sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is. Hierdie is derde partye wat duidelik op die webwerf aangedui is op die spesifieke Gimnasium-webwerf waar die gebruiker sy/haar inligting deel.

iv. Gimnasium Pretoria MSW sal nie die gebruiker se inligting met enige ander party, wat nie ‘n vennoot van Gimnasium Pretoria MSW is nie, deel sonder om vooraf die gebruiker se toestemming te verkry nie, tensy Gimnasium Pretoria MSW ingevolge die heersende reg verplig is om dit te doen, indien dit nodig is om die webblad te bedryf of as dit in openbare belang is om die inligting vry te stel.

v. Die gebruiker gee by aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes toestemming dat hy/sy deur Instellings binne die Solidariteit Beweging gekontak kan word om produkte en dienste bekend te stel en hulle persoonlike inligting vir statistiese, historiese en navorsingsdoeleindes binne die Solidariteit Beweging gebruik mag word.

vi. Koekies (cookies): ‘n Koekie, ook bekend as ‘n HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ‘n klein hoeveelheid data wat van ‘n webwerf af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webwerf gebruik. Elke keer as die gebruiker ‘n Gimnasium-webwerf besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webwerf van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig. Koekies is ‘n betroubare instrument by die ontwerp van webwerwe om inligting op ‘n staat (soos items in ‘n e-inkopiewaentjie) te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê. Die Gimnasium webwerwe gebruik sulke koekies. Die gebruiker aanvaar die gebruik van koekies wat in die voorafgaande 3 paragrawe gespesifiseer is.

vii. Die dokumente wat deur die volgende skakels bereik kan word, is ‘n verdere uiteensetting van Gimnasium Pretoria MSW se beleid oor privaatheid en is integraal deel van hierdie bepalings en voorwaardes:

viii. Die Privaatheidsbeleid

ix. Die Beleid vir die Beskerming van Kinders se Privaatheid

x. Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes verklaar die gebruiker dat hy/sy bewus daarvan is dat toestemming vir bogenoemde privaatheidsbepalings enige tyd terugtrek kan word deur gebruik te maak van die voorgeskrewe terugtrekvorm. Die vorm is op aanvraag beskikbaar en kan aan inligting@gimnasium.co.za gestuur word vir afhandeling. Gimnasium Pretoria MSW onderneem om die prosessering van die persoonlike inligting binne ‘n tydperk van 30 dae nadat die aansoek ontvang is, sodanig aan te pas.

xi. Gebruikers het die reg om hulle persoonlike data aan te vra wat deur Gimnasium Pretoria MSW gehou word. Sodanige navrae kan per e-pos aan Gimnasium Pretoria MSW gerig word inligting@gimnasium.co.za.

5. Kopiereg

i. Die kopiereg en alle ander immateriële goedereregte van enige Gimnasiumkuberruimte, insluitend die uitleg, ontwerp, kentekens, grafika en multimedia-werke wat daarop verskyn, behoort aan Gimnasium Pretoria MSW tensy sodanige regte uitdruklik deur die outeur voorbehou is alvorens dit op die webblad of kuberruimte gepubliseer is.

ii. Die gebruiker mag sodanige werke besigtig, uitdruk en een kopie daarvan op sy/haar hardeskyf maak, mits:
a. dit vir persoonlike gebruik is en nie vir enige kommersiële doel aangewend word nie;
b. die gebruiker op alle kopieë ‘n weergawe van die Gimnasium Pretoria MSW kopiereg-kennisgewing vertoon; Bladsy 8 van 15
c. die gebruiker nie die werke op sodanige wyse verander tot nadeel van Gimnasium Pretoria MSW nie.

iii. Sonder om afbreuk te doen aan die bepalings vervat in die eerste paragraaf onder afdeling Kopiereg hierbo, bevestig Gimnasium Pretoria MSW dat die kopiereg in bydraes, artikels en ander literêre werke wat deur die gebruiker geskep is en aan Gimnasium Pretoria MSW gestuur word, aan die gebruiker behoort. Sodra die gebruiker enige artikels, bydraes of ander literêre werke op ‘n Gimnasium-webblad, gee die gebruiker daarmee saam ook vir Gimnasium Pretoria MSW ‘n oordraagbare, ewigdurende, wêreldwye en tantième-vrye lisensie om die werke vir plasing op die onderskeie Gimnasium-kuberruimte te gebruik.

iv. Indien die intellektuele eiendom van materiaal wat deur ‘n gebruiker aangebied word vir plasing op ‘n Gimnasium-webwerf aan ‘n derde party behoort, onderneem die gebruiker om Gimnasium Pretoria MSW daarvan in kennis te stel en vrywaar die gebruiker Gimnasium Pretoria MSW teen enige eis wat die eienaar van daardie intellektuele eiendomsregte teen Gimnasium Pretoria MSW kan instel.

v. Die handelsmerke en kentekens van Gimnasium Pretoria MSW of verwante dienste op enige Gimnasium-kuberruimte is die geregistreerde, en waar toepaslik, die niegeregistreerde, handelsmerke van Gimnasium Pretoria MSW of verwante dienste. Niks op die webwerf mag so geïnterpreteer word om te beteken dat die gebruiker ‘n lisensie of die reg verkry om enige handelsmerk sonder Gimnasium Pretoria MSW se toestemming te gebruik nie.

6. Inhoudsbestuur

i. Gimnasium Pretoria MSW maak van tyd tot tyd gebruik van die praktyk van samevoeging (“aggregation”) van inhoud deur inligting wat van ander bronne versamel is, te herpubliseer.

ii. Saamgevoegde inhoud word altyd deur outeurs van Gimnasium Pretoria herskryf. iii. Waar moontlik, word nuwe inligting bygewerk. iv. Die oorspronklike bron van saamgevoegde inhoud word altyd aangedui, met ‘n aktiewe skakel na die oorspronklike bron se artikel.

v. Die diskresie om te besluit watter inhoud op enige Gimnasium-kuberruimte geplaas word, berus uitsluitlik by Gimnasium Pretoria MSW.

7. Skakels na derde partye

i. Inhoud op die Gimnasium-kuberruimtes mag skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal bevat wat deur derde partye geskep is. Ofskoon Gimnasium Pretoria MSW die skakels met sorg uitkies, kan Gimnasium Pretoria MSW geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sodanige webwerwe nie.

ii. ‘n Skakel op enige van die Gimnasium-webwerwe na ‘n ander webwerf beteken nie dat Gimnasium Pretoria MSW die inhoud van daardie webwerf nagegaan het nie en dit beteken ook nie dat Gimnasium Pretoria MSW daardie inhoud goedkeur nie.

8. Deelname deur gebruikers

i. Enige gebruiker is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan ‘n gesprek op ‘n Gimnasium-kuberruimte, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.

ii. Gebruikers wat kommentaar kan lewer, word gekoppel aan ‘n elektroniese profiel.

iii. Gebruikers mag slegs een profiel op enige Gimnasium-kuberruimte wat ‘n kommentaarfunksie bied, bedryf.

iv. Gebruikers se kommentaar word outomaties en onveranderd gelaat op die onderskeie Gimnasium-kuberruimte soos wat dit gelewer word.

v. Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van Gimnasium Pretoria MSW.

vi. Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (“trolling” of “flaming”) word nie toegelaat nie. vii. Agtervolging van mede-kommentators (“stalking”) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en in die weg te staan van sinvolle reaksie op daardie kommentators, word nie toegelaat nie.

viii. Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.

ix. Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, word nie toegelaat nie.

x. Ander lesers, gebruikers en kommentators mag nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.

xi. Kommentaar moet relevant wees tot die artikel waarop kommentaar gelewer word.

xii. Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.

xiii. Die suksesvolle plasing van kommentaar mag onderhewig wees aan ‘n outomatiese siftingsproses gebaseer op ‘n vooraf vasgestelde lys ongewenste en onaanvaarbare woorde en frases.

xiv. Skakeling, handeldrywing of prysvasstelling met, of gebruik van dienste van ‘n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op ‘n Gimnasium-kuberruimte bly die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker.

xv. Gimnasium Pretoria MSW sal nie as middelman of agent van enige gebruiker van die enige van sy webwerwe, sy ander Gimnasium-kuberruimtes of onafhanklike diensverskaffer of adverteerder optree nie.

xvi. Deur die Gimnasium-webwerwe of enige gedeelte daarvan, ingesluit maar nie beperk tot portale, Gimnasium Pretoria MSW se sosialemediaspasies en die blogs nie, of die Gimnasium-nuusbrief (gesamentlik die Gimnasium- kuberruimtes) te gebruik, verbind die gebruiker hom-/haarself aan die gebruiksvoorwaardes soos hier uiteengesit. Die gebruiksvoorwaardes tree in werking op die tydstip wanneer die gebruiker die Gimnasium-kuberruimte vir die eerste keer gebruik en vorm ‘n ewigdurende ooreenkoms tussen die gebruiker en Gimnasium Pretoria MSW.

xvii. Indien gebruikers hulself nie wil laat bind deur die bepalings en voorwaardes, soos hierin uiteengesit is nie, moet hulle hulself daarvan weerhou om die Gimnasiumkuberruimte te besoek, te gebruik en/of om bydraes te lewer.

xviii. Gimnasium Pretoria MSW hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie onderhewig is aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.

xix. Die gebruiker hoef nie in kennis gestel te word indien sy/haar kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Gimnasium Pretoria verskaf te word nie.

9. Klagtes

9.1 Klagtes oor inhoud en kommentaar

i. Indien enige gebruiker ‘n klagte/grief oor ‘n ander gebruiker se kommentaar en/of profiel indien, sal dit deur Gimnasium Pretoria MSW ondersoek word.

ii. Die voorkeurmeganisme vir kommentaar- en profielbeheer is die oordeel van ander gebruikers wat onvanpaste kommentaar en/of profiele aanmeld met behulp van die ingeboude klagtemeganisme of per e-pos.

iii. Kommentaar waaroor ‘n sekere aantal klagtes ontvang is, soos van tyd tot tyd deur die redaksie bepaal, word normaalweg verwyder.

iv. Kommentaar waaroor deeglik gemotiveerde klagtes ontvang word, selfs in die afwesigheid van klagtes van ander gebruikers, word na meriete beoordeel.

v. Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar die gebruikers dat hul kommentare en/of profiele gewysig of verwyder mag word indien dit nie aan hierdie bepalings en voorwaardes voldoen nie.

vi. Indien ‘n gebruiker hom-/haarself herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, kan hy/sy ingevolge die voorwaardes hierbo, permanent geblokkeer word om weer op die onderskeie Gimnasium-kuberruimte kommentaar te lewer of om ‘n profiel te skep.

9.2 Klagtes oor privaatheid of misbruik van persoonlike data
Indien die gebruiker voel dat Gimnasium Pretoria MSW sy/haar data misbruik het of daarmee buite die wet opgetree het, moet hy/sy dit eers met Gimnasium Pretoria MSW opneem voordat regstappe gedoen of klagtes aan die reguleerder gestuur word. Gimnasium Pretoria MSW sal alles binne sy vermoë doen om die klagte aan te spreek en onderneem dat indien dit nie opgelos word nie, nie in te meng by sodanige aanmeldings- en regsprosesse nie.

9.3 Klagtekanale
Die ingeboude funksionaliteit waarmee klagtes aan Gimnasium Pretoria MSW gerig kan word, hang af van die onderskeie Gimnasium-webwerf. Daar bestaan byvoorbeeld ‘n “Kontak Ons” vorm wat voltooi kan word op gimnasium.co.za. ‘n E-pos kan gestuur word aan inligting@gimnasium.co.za.

10. Nuusbriefvrywaring

10.1 Inleiding

Hierdie vrywaring bepaal die gebruik van nuusbriewe wat deur Gimnasium Pretoria MSW gestuur word. Deur hierdie nuusbrief te gebruik, aanvaar u hierdie vrywaring volledig.

10.2 Geen advies

i. Die nuusbrief bevat hoofsaaklik inligting wat verband hou met opvoedkundige sake.

ii. U moet nie op die inligting in die nuusbrief staatmaak as ‘n alternatief vir regs-, finansiële of rekeningkundige raad van ‘n toepaslik gekwalifiseerde professionele persoon nie.

10.3 Geen vertoë of waarborge nie

i.
Tot die maksimum mate wat deur toepaslike wetgewing toegelaat word en onderworpe aan artikel 10.5 hieronder, sluit ons alle voorstellings, waarborge, ondernemings in verband met die nuusbrief uit.

ii. Sonder afbreuk aan die algemeenheid van die voorafgaande paragraaf, verteenwoordig, waarborg, onderneem of waarborg ons nie:
a. dat die inligting in die nuusbrief van tyd tot tyd korrek, akkuraat, volledig of nie-misleidend is nie (alhoewel Gimnasium Pretoria MSW alles in hul vermoë sal doen om dit te verhoed); of
b. dat die gebruik van enige inligting in die nuusbrief wat as leiding of raad geag word tot ‘n bepaalde uitkoms of uitslag sal lei nie.

10.4 Beperkings en uitsluitings van aanspreeklikheid

i.
Die beperkings en uitsluitings van aanspreeklikheid wat in hierdie afdeling en elders in hierdie vrywaring uiteengesit word, is onderworpe aan artikel 10.5 hieronder en bestuur alle aanspreeklikhede wat voortspruit uit die vrywaring of met betrekking tot die nuusbrief, insluitende aanspreeklikhede wat volgens ‘n kontrak ontstaan, onregmatige dade (insluitende nalatigheid), of die oortreding van statutêre pligte.

ii. Ons kan/sal nie teenoor u aanspreeklik wees ten opsigte van enige verliese wat voortspruit uit enige gebeurtenis of gebeurtenisse buite ons redelike beheer nie.

iii. Ons kan/sal nie teenoor u aanspreeklik wees ten opsigte van enige besigheidsverliese nie, insluitende sonder beperking verlies of skade aan winste, inkomste, gebruik, produksie, verwagte spaargeld, besigheid, kontrakte, kommersiële geleenthede of welwillendheid. iv. Ons is nie teenoor u aanspreeklik wees ten opsigte van enige verlies of korrupte data, databasis of sagteware nie. Ons is nie aanspreeklik teenoor u ten opsigte van enige spesiale, indirekte of gevolglike verlies of skade nie.

10.5 Uitsonderings Niks in hierdie vrywaring sal ons aanspreeklikheid:

i. vir dood of persoonlike besering as gevolg van nalatigheid beperk of uitsluit nie;

ii. ons aanspreeklikheid vir bedrog of bedrieglike wanvoorstelling beperk of uitsluit nie; iii. beperk op enige manier wat nie onder toepaslike wetgewing toegelaat word nie; of iv. wat nie onder die toepaslike wetgewing uitgesluit mag word nie.

10.6 Skeiding

i. As ‘n gedeelte van hierdie vrywaring bepaal word deur enige hof of ander bevoegde owerheid om onwettig en/of onafdwingbaar te wees, bly die ander afdelings van hierdie vrystelling in werking.

ii. As ‘n onwettige en/of onafdwingbare afdeling wettig of afdwingbaar sou wees indien ‘n gedeelte daarvan verwyder is, sal daardie gedeelte geag word verwyder te wees en die res van die vrywaring sal in werking wees.

10.7 Reg en jurisdiksie

Hierdie vrywaring sal onderhewig wees aan en vertolk word in ooreenstemming met die SuidAfrikaanse reg, en enige dispute wat verband hou met hierdie vrywaring sal onderworpe wees aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van Suid-Afrika.

10.8 Ons besonderhede

In hierdie vrywaring beteken “ons” (en “ons” en “ons” na) Gimnasium Pretoria MSW, ‘n maatskappy sonder winsoogmerk wat in Suid-Afrika geregistreer is onder registrasienommer 2023/818326/08.

11. Algemeen

i. Gimnasium Pretoria MSW mag die bepalings en voorwaardes van Gimnasium Pretoria MSW te enige tyd wysig. Deur die webblad te besigtig, verbind die gebruiker hom/haarself tot die jongste weergawe van die bepalings en voorwaardes.

ii. Die gebruiker besef dat dit sy/haar plig is om vertroud te wees met die jongste weergawe van Gimnasium Pretoria MSW se bepalings en voorwaardes.

iii. Geen ander bepaling of voorwaarde vir die gebruik van die Gimnasium-kuberruimtes behalwe die nuutste weergawe op die gimnasium.co.za sal as bindend beskou word nie en die gebruiker verbind hom/haarself onherroeplik hiertoe.

iv. Indien ‘n dispuut oor die inhoud van die jongste gebruiksvoorwaardes sou ontstaan, sal die besluit van Gimnasium Pretoria MSW in die verband finaal wees.

12. Beleidadministrasie

Kontakbesonderhede van die persoon wat verantwoordelik is vir die administrasie van hierdie beleid:

Naam: Charlotte Fourie

Posisie: Gedelegeerde Inligtingsbeampte

Tel: 0834099080

E-pos: charlotte@gimnasium.co.za

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form