'n Skooltuiste vir en vanuit ons gemeenskap
Gimnasium Pretoria is ‘n Afrikaanse Christelike gekombineerde skool in die ooste van Pretoria. Meer besonderhede oor wanneer die skool open sal mettertyd bekendgemaak word.
Van ons ryke erfenis na 'n roemryke toekoms
Gimnasium Pretoria dra by tot die voortbestaan van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap deur middel van opvoedkundige uitnemendheid. Ons uiteindelike doel is om kinders voor te berei om vervullende lewens te lei en betekenisvolle bydraes tot gemeenskappe te maak.
- Christelike lewens- en wêreldbeskouing
- Lewenslustig en leergierig
- Gebalanseerd en geborge
- Kultureel verbonde en internasionaal mededingend
- Vernuftige rentmeesters
- Entrepreneuries en denkend
'n Veilige, vernuwende skooltuiste
Deur vooruitstrewende onderwysmetodes, bevorder die skool gebalanseerde ontwikkeling in kennis, vaardighede en ingesteldhede, gereed vir ‘n snelveranderende wêreld.
Onafhanklik en selfstandig
Beginselvas
Volhoubare en waardegedrewe onderwys
Die gemeenskap se skooltuiste
Gimnasium Pretoria bied 'n vernuwende benadering tot onderwys met beproefde metodes en beste praktyke.
Ons onderrigbenadering sluit direk aan by ons vormingsideaal, naamlik om voortdurend die ware, die goeie en die skone vir elke kind te help ontsluit. Dit lê die grondslag vir volhoubare en waardegedrewe leer.
Lees meer oor ons onderwysbenadering en metodes.
Ons staan sterk binne langdurige vennootskappe
Deel van die Solidariteit Beweging
Verbind aan Akademia
Gimnasium Pretoria deel die vormingsideaal van Akademia, naamlik om kinders in verwondering te laat staan tot die ware, die goeie en die skone. Hierdie verbintenis beliggaam ‘n strewe na akademiese en kulturele uitnemendheid.
Kanton
Kanton as eiendomsbeleggingsmaatskappy is ’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal. Deur die bou van fasiliteite, stel Kanton Gimnasium Pretoria in staat om sy bestaansdoel uit te leef en word die leefruimte vir Afrikaans verseker en uitgebrei.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum
As onderwysleier bied die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) dienste en ondersteuning aan Gimnasium Pretoria deur o.a. beste onderwyspraktyke, gehalteversekering, kwaliteit hulpbronne en moderne pedagogiese en operasionele stelsels. Die SOS is ‘n gemeenskapsnetwerk vir uitnemende Christelike Afrikaanse Onderwys vanuit en vir die Afrikaanse taal-en kultuurgemeenskap.
Ons donateurs
Die Solidariteit Boufonds, Virseker Trust, Trust vir Afrikaanse Onderwys, AJ de Kock Trust en die SOS- Skenkingsfonds, maak elk op verskeie gebiede `n reuse bydrae tot die ontwikkeling en vestiging van Gimnasium Pretoria.
Dit is met groot dankbaarheid dat ons hierdie ondersteuning en bydraes ontvang, waarsonder hierdie droom nie bewaarheid kan word nie.
Nuutste hulpbronne en artikels
By Gimnasium Pretoria word nie net kennis en vaardighede oorgedra nie, maar karakter en kulturele selfvertroue word ook gevorm en gevier.
Lees meer oor ons onderwysbenadering, die Leerervaring en die toekoms van ons skool.
Sluit aan by die reis

Raak betrokke

Vir en vanuit ons gemeenskap
Hierdie instelling is nie net ‘n skool nie; dit is ‘n lewende gemeenskap wat die ryk erfenis van die verlede met die hede verbind, en `n toekoms van hoop voorstel.