'n Skooltuiste vir en vanuit ons gemeenskap

Gimnasium is ‘n Afrikaanse Christelike gekombineerde skool in die  ooste van Pretoria. Meer besonderhede oor wanneer die skool open sal mettertyd bekendgemaak word.

Van ons ryke erfenis na 'n roemryke toekoms

Gimnasium dra by tot die voortbestaan van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap deur middel van opvoedkundige uitnemendheid. Ons uiteindelike doel is om kinders voor te berei om vervullende lewens te lei en betekenisvolle bydraes tot gemeenskappe te maak.

'n Veilige, vernuwende skooltuiste

Gimnasium streef voortdurend na opvoedkundige uitnemendheid en die bevordering van kultuur en geloof.

Deur vooruitstrewende onderwysmetodes, bevorder die skool gebalanseerde ontwikkeling in kennis, vaardighede en ingesteldhede, gereed vir ‘n snelveranderende wêreld.

Gimnasium bied 'n vernuwende benadering tot onderwys met beproefde metodes en beste praktyke.

Ons onderrigbenadering sluit direk aan by ons vormingsideaal, naamlik om voortdurend die ware, die goeie en die skone vir elke kind te help ontsluit. Dit lê die grondslag vir volhoubare en waardegedrewe leer.

Lees meer oor ons onderwysbenadering en metodes.

Ons staan sterk binne langdurige vennootskappe

Deel van die Solidariteit Beweging

Die Solidariteit Beweging is ʼn sambreelorganisasie wat bestaan uit ʼn familie van selfhelpinstellings met die doel om ‘n omgewing te help skep waar Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig in Suidelike Afrika kan voortbestaan.

Verbind aan Akademia

Gimnasium deel die vormingsideaal van  Akademia, naamlik om kinders in verwondering te  laat staan tot die ware, die goeie en die skone.  Hierdie verbintenis beliggaam ‘n strewe na  akademiese en kulturele uitnemendheid.

Kanton

Kanton as eiendomsbeleggingsmaatskappy is ’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal. Deur die bou van fasiliteite, stel Kanton Gimnasium in staat om sy bestaansdoel uit te leef en word die leefruimte vir Afrikaans verseker en uitgebrei.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum

As onderwysleier bied die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) dienste en ondersteuning aan Gimnasium deur o.a. beste onderwyspraktyke, gehalteversekering, kwaliteit hulpbronne en moderne pedagogiese en operasionele stelsels. Die SOS is ‘n gemeenskapsnetwerk vir uitnemende Christelike Afrikaanse Onderwys vanuit en vir die Afrikaanse taal-en kultuurgemeenskap.

Ons donateurs

Die Solidariteit Boufonds, Virseker Trust, Trust vir Afrikaanse Onderwys, AJ de Kock Trust en die SOS- Skenkingsfonds, maak elk op verskeie gebiede `n reuse bydrae tot die ontwikkeling en vestiging van Gimnasium.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons hierdie ondersteuning en bydraes ontvang, waarsonder hierdie droom nie bewaarheid kan word nie.

Nuutste hulpbronne en artikels

By Gimnasium word nie net kennis en vaardighede oorgedra nie, maar karakter en kulturele selfvertroue word ook gevorm en gevier.

Lees meer oor ons onderwysbenadering, die Leerervaring en die toekoms van ons skool.

Sluit aan by die reis

Lees meer

Begin deur meer te leer oor die doel en waarde van die skool.

Raak betrokke

Vorm deel van die gemeenskap en doen jou deel om  Gimnasium se visie te verwesenlik.

Vir en vanuit ons gemeenskap

Hierdie instelling is nie net ‘n skool nie; dit is ‘n lewende gemeenskap wat die ryk erfenis van  die verlede met die hede verbind, en `n toekoms van hoop voorstel.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form