Kaalvoet kinders en vaste fondasies: In gesprek met Unine Laas

Die liefde vir leer begin met ontdekking.

Ons het onlangs gaan kuier by Unine Laas, ‘n onderwysspesialis met ‘n diep passie vir kinders en onderwysers, om te hoor oor haar droom vir Gimnasium se jongste leerders.

Unine is nie net ‘n kenner met jare se ervaring nie, maar ‘n integrale deel van die S.O.S. en Gimnasium-span. Haar visie? Om ‘n omgewing te skep waar elke kind veilig voel om te ontdek, te speel en te groei.

Hier is wat sy te sê gehad het oor die hart van die Ontdekfase.

Vertel ons bietjie meer van jouself?

My naam is Unine Laas. Ek is ‘n trotse onderwyser in hart en siel. Vir 24 jaar het ek die voorreg gehad om kinders lief te maak vir leer. As deel van die S.O.S. en die Gimnasium-span, het ek die geleentheid om my passie op ‘n nuwe manier te leef: deur onderwysers te bemagtig. Ek sien myself as ‘n saadjieplanter vir drome en potensiaal.

Wat behels Gimnasium se Ontdekfase?

Ons noem Graad 1 tot 3 die Ontdekfase, want dit is presies wat kinders op hierdie ouderdom is: klein ontdekkingsreisigers. Hier ontdek hulle die wonderlike wêreld van wiskunde, lees en skryf. In die ontdekfase bou ons ‘n vaste fondasie waarop alle verdere leer kan rus.

Waarop fokus julle die meeste in hierdie fase?

Ons fokus is om leer lewendig te maak en konsepte vas te lê, maar ook om selfvertroue te ontwikkel. Ons wil hulle nuuskierig maak oor die wêreld, sodat hulle lewenslange leerders kan wees.

Hoe lyk die omgewing waar die kinders elke dag leer?

Elke graad het hul eie huis met ses klasse en ‘n gemeenskaplike area waar die kinders saam kan speel, leer en ervaar. Ek sien dit as ‘n klomp nessies in ‘n boom. Elke kind het sy eie veilige nessie, maar ook die vryheid om rond te beweeg, ervaringe op te doen en by mekaar te leer.

Vertel ons bietjie van die buiteruimtes?

Ons buiteruimtes is ontwerp vir speel en leer. Daar is groot oop spasies, klimrame, swaaie en ‘n sandput. Ons glo in kaalvoet kinders wat kan speel en lag.

Kom ontdek saam met ons

Dankie Unine, vir die lekker gesels!

Gimnasium se benadering tot onderwys is gegrond op die wete dat elke fase van ‘n kind se ontwikkeling unieke geleenthede bied.

Die Ontdekfase is net die begin.

Kyk gerus die volledige onderhoud met Unine hieronder om haar passie eerstehands te ervaar. Ons nooi jou ook uit om meer te leer oor die Ontdekfase en al ons ander ontwikkelingsfases wat deel vorm van ons unieke opvoedingsbenadering.

Raak betrokke en bou saam aan ‘n toekoms waar elke kind kan floreer.

Sluit aan by die Gimnasium gemeenskap.

Bly op hoogte met die nuutste nuus en gebeure.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form