Gimnasium Pretoria: Ons identiteit, bestaansrede en toekomsplan

Gimnasium Pretoria, ‘n nuwe inisiatief in die Afrikaanse skool gemeenskap, het onlangs die lig gesien.

Hierdie artikel is gebaseer op ‘n toespraak van Leon Fourie, uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), gehou tydens die bekendstellingsgeleentheid

Leon bespreek breedvoerig die bestaansrede, doel, waardes en visie van Gimnasium Pretoria. Hy praat ook in besonderhede oor die ontstaan van die Gimnasium handelsmerk, en wat die toekoms inhou, veral vir Afrikaanse gesinne wat opsoek is na betekenisvolle skooltuistes.

Hoekom bou ons ‘n nuwe Afrikaanse skool?

Die huidige onderwyslandskap bied uitdagings wat unieke antwoorde vereis.

Daarbenewens is Afrikaanse skole die hartklop van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap. Gimnasium Pretoria is ‘n daadwerklike antwoord op die behoefte aan selfstandige, volhoubare Afrikaanse skole, veral in die lig daarvan dat die staat nie meer Afrikaanse skole bou nie en demografiese verplasing van Afrikaanse gemeenskappe aan die toeneem is.

Unieke kenmerke en fokusse van Gimnasium Pretoria

Die Gimnasium model en filosofie poog om eie aan die Afrikaner gemeenskap te wees, maar het ook ten doel om kinders te kweek wat op internasionale vlak ‘n betekenisvolle bydrae kan lewer.

Alhoewel Gimnasium Pretoria ‘n instelling is wat deel vorm van die Solidariteit Beweging, het dit ook sy eie, unieke bestaansrede.

Hier is ‘n paar aspekte wat Gimnasium spesifiek differensieër.

  • Eerstens, Gimnasium beoog om bekend te staan as ‘n ‘skooltuiste’.
  • Die skool volg ‘n onderrig- en leermodel gebaseer op beste internasionale praktyke en navorsing.
  • Die rol van tegnologie is om onderrig te ondersteun, nie te vervang nie, met ‘meesteronderwysers’ wat sentraal staan.
  • Die skool is ontwerp om ‘n gebalanseerde ontwikkeling van die kind te bevorder, insluitend fisiese, intellektuele en geestelike groei.
  • Die skool en meegaande gemeenskap is gebasseer op Christelike waardes en wêreldbeskouing.

Die proses tot dusver

Die beplanning van ‘n nuwe skooltuiste is ‘n omslagtige en diepgaande proses wat die SOS span nie ligtelik opgeneem het nie.

Die proses het begin met deeglike navorsing oor demografiese skuiwe en migrasiepatrone, veral onder Afrikaanssprekende gesinne.

Die ontwerp van die skoolfasiliteite reflekteer ‘n kombinasie van ‘n tradisionele en moderne aanslag. ‘n Span kundiges het ‘n onderrig-en-leer advieskomitee gevorm om ‘n goed begronde onderrigfilosofie te ontwikkel. Die argitekte het die fasiliteite ontwerp om vooruitgang en innoverende onderwyspraktyke moontlik te maak.

‘n Strategiese handelsmerk en kommunikasie plan is van stapel gestuur om seker te maak die boodskap word tydig en korrek aan die gemeenskap oorgedra.

Die geskiedenis van die naam en die handelsmerk

Die naam ‘Gimnasium’ het historiese betekenis, afkomstig van ou Griekse gemeenskappe waar dit kinders tot liggaamlike, verstandelike en geestelike volwassenheid voorberei het. Tydens die Reformasie is gimnasium-skole weer gestig, met ‘n fokus op gebalanseerde ontwikkeling.

In Suid-Afrika was die eerste Afrikaanse skole tussen 1870 en 1910 ook gimnasiums, soos Paul Roos en Potchefstroom Gimnasium.

Die handelsmerkproses is strategies en intensioneel, met die doel om vertroue en lojaliteit te kweek. Lees gerus hierdie artikel om ‘n deeglike oorsig te kry oor die samestelling van die Gimnasium simbool en kenteken.

Hoe kan jy deel wees van hierdie storie?

Gimnasium Pretoria nooi iedereen om deel te wees van die storie. Dit is in werklikheid ‘n uitnodiging aan die gemeenskap om saam te werk aan die volhoubare voortbestaan van die Afrikaanse taal- en kultuur.

Deur volgehoue ondersteuning en betrokkenheid kan ons verseker dat toekomstige geslagte baat vind by hierdie unieke onderwysinstelling.

Raak betrokke by Gimnasium Pretoria en help bou aan ‘n blink toekoms vir ons kinders en ons gemeenskap.

Skryf hier in vir ons gereelde nuusbrief en bly sodoende op hoogte van die nuutste Gimnasium verwikkelinge.

Kyk gerus Leon se hele toespraak hieronder.

Sluit aan by die Gimnasium gemeenskap.

Bly op hoogte met die nuutste nuus en gebeure.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form