Die Gimnasium Pioniershuis: Ons handelsmerk uiteensetting

‘n Samebindende simbool of kenteken is krities belangrik vir enige organisasie, veral ‘n skoolgemeenskap.

Dit vestig onmiddelik ‘n gevoel van eenheid en trots onder leerders, ouers en personeel.

Dit dien as ‘n metafoor om die skool se bestaansrede, visie en waardes uit te beeld.

Gimnasium Pretoria se Pioniershuis kenteken weerspieël ons Christelike waardes en Afrikaner erfenis, en simboliseer ook ons visie vir die toekoms en ons nalatenskap.

Speel video

Die fondasie: ons erfenis

Ons fondasie is sterk en stewig, gegrond in ons ryk kulturele erfenis en onwrikbare Christelike geloof. By Gimnasium bou ons op hierdie basis om ‘n gevoel van geborgenheid en verbondenheid te vestig. Ons geloof en kulturele wortels vorm die fondament waarop ons kinders hul toekoms bou.

Die oop deur: ons denke

Die oop deur simboliseer verwelkoming, insluiting, en oop denke. By Gimnasium is elkeen welkom, en ons moedig ‘n kultuur van aanvaarbaarheid aan. Ons nooi almal om binne te kom en deel van ons gesin te wees.

Die potlood: ons oortuiging

Ons potlood wys na bo en verteenwoordig ons Christelike etos en die geskenk van kennis van God. Dit herinner ons ook aan menslike feilbaarheid en die noodsaak om aanpasbaar te wees.

Die nok: ons verbintenis

Die nok van ons dak, in die vorm van ‘n “A”, simboliseer ons verbintenis tot Akademia en ons strewe na opvoedkundige uitnemendheid. Ons poog altyd om die hoogste akademiese standaarde te bereik en te oortref, terwyl ons die ontwikkeling van die hele kind in ag neem.

Die vleuels: ons gemeenskap

Die vleuels aan weerskante van ons huis versimboliseer die rol van onderwysers, ouers en die gemeenskap. Saam skep ons ‘n ondersteunende en bemagtigende opvoedkundige omgewing vir ons kinders.

Die dak: ons toekoms

Die diamantvorms van die dak bevestig die rol van die Solidariteit Beweging en die gemeenskap in die skep van ‘n vry, veilige en voorspoedige toekoms. Saam bou ons aan ‘n blink toekoms.

Ons Pioniershuis: meer as net ‘n simbool

Die Pioniershuis handelsmerk van Gimnasium Pretoria is meer as net ‘n kenteken; dit verteenwoordig ons ryk erfenis en visie vir die toekoms.

Die Pioniershuis bind ons gemeenskap saam en gee rigting aan ons strewe na opvoedkundige uitnemendheid.

Stap saam en reis saam met ons op die pad na opvoedkundige uitnemendheid, gebalanseerde kinders en ‘n hoopvolle toekoms.

Sluit aan by die Gimnasium gemeenskap.

Bly op hoogte met die nuutste nuus en gebeure.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form