Onafhanklike Afrikaanse skole: Ons laaste kans

Insigte uit die SOS-Kongres 2026

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het hierdie jaar sy kongres vir die eerste keer by die Voortrekkermonument aangebied met die tema Kom tuis! Die gevolg was ’n reuse-opkoms van meer as 800 kongresgangers, bestaande uit akademici, onderwysers, skoolleiers en lede van beheerliggame van Afrikaanse skole regoor die land.

Ons GÁÁN uitnemende onderwys vestig. Dis nie ‘n guns wat ons vra nie – dis ‘n grondliggende reg. Ons het reeds bewys daar is ‘n wil, en waar daar ‘n wil is… ~ Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging

Met die afskop van die kongres is ʼn Toekomsberaad vir Afrikaanse Onderwys gehou met swaargewig denkers soos dr. Dirk Hermann, dr. Theuns Eloff, Werner Human, Kallie Kriel, Flip Buys, Connie Mulder, Wynand Boshoff, Helen Zille, asook met die internasionaal erkende prof. Irma Eloff wat saam met staatmaker leiers, soos Pieter Rademeyer en dr. Dewald Strydom en mnr. Daan Potgieter, die belangrikheid van onbeskroomde, waardegedrewe leierskap beklemtoon het.

Solidariteit het ‘n omvattende strategie om Afrikaanse gemeenskappe, skole, onderwysers, ouers en kinders te ondersteun, te midde van die toenemende uitdagings. Daarom is onderwys absoluut sentraal vir die Solidariteit Beweging, en is verskeie van sy instellings daarmee belyn ~ Werner Human, ondervoorsitter van die Solidariteit Beweging.

Die boodskap was dringend en prakties: Die enorme uitdagings bied ook ruim geleenthede.

Senotaafsaal van die Voortrekkermonument tydens optrede van die skoolkoor van
Laerskool Tygerpoort
Werner Human

Onafhanklike Afrikaanse skole is nie meer ’n alternatief nie – dit is ons laaste kans om gehalte-onderwys deur ons moedertaal en daardeur die vestiging van volhoubare Afrikaanse gemeenskappe vir die volgende generasie te beskerm en uit te bou.

Na die Toekomsberaad is onderwysers twee dae lank intellektueel gestimuleer deur kundiges soos prof. Gerrit Stols (tegnologie in onderwys), prof. Ignatius Gous (Kunsmatige Intelligensie en denke) en dr. Melodie de Jager (breingebaseerde leer). Elke skoolfase het ’n eie baan gehad wat op Wiskunde, Tale, Wetenskap, persoonlike ontwikkeling en sport gefokus het.

Wat het die kongresgangers weggeneem?

“Dis verseker die ongelooflikste kongres in die land!!! Ek is gemotiveerd vir nog ’n jaar van onderwys!!!” “Julle het ’n fenomenale kongres gereël! Dit was heerlik om die impak van die kongres te ‘voel’ selfs verder as die kongres self. Julle het mense aan die praat gehad.” — Prof. Irma Eloff

Die bekende skrywer Jaco Jacobs het sy ervaring by die Voortrekkermonument as “heerlik” beskryf en die gasvryheid uitstekend gevind.

Dit is die soort terugvoer wat die SOS-personeel diep raak, en motiveer om harder te werk om hulle vissie te bereik

Uitnemende skole vir volhoubare, Afrikaanse gemeenskappe. SOS-visie

Die SOS se Nasionale Kongres vir 2026 het nie net probleme uitgewys nie. Dit het oplossings en ’n duidelike plan gebied: Onbeskroomd Afrikaans, Christelik-waardegedrewe, ʼn hoogs professionele onderwyserkorps en ʼn ondersteunende ekosisteem van dienste.

Die vraag is nie meer of ons kan nie, maar of ons dit gaan doen voordat die laaste kans verby is.

Sluit aan by die Gimnasium gemeenskap.

Bly op hoogte met die nuutste nuus en gebeure.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form