Wêreldklas-insigte vir plaaslike uitnemendheid

Gimnasium en SOS leer by internasionale onderrigmodelle in Australië en Nieu-Seeland.

’n Leersame besoek aan twee vooruitstrewende lande

Lede van Gimnasium Pretoria en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs Australië en Nieu-Seeland besoek as deel van ’n internasionale leerreis. Hierdie besoek volg op vorige internasionale toere na onder meer Nederland, Finland, Spanje en die VSA. Die doel: om te leer by die wêreld se beste onderrigstelsels en insigte toe te pas in ons eie skoolontwikkeling hier in Suid-Afrika.

Ruimtes wat leer bevorder

Die besoek het gefokus op hoe skole in dié lande hul fasiliteite optimaal benut – ’n waardevolle les vir Gimnasium se eie ontwerp en ontwikkeling. Die balans tussen tradisionele én moderne onderrigmetodes was duidelik sigbaar. Elke hoekie van ’n skool word strategies gebruik om leeromgewings te skep wat kinders stimuleer en ondersteun.

Slim tegnologie – met die onderwyser steeds sentraal

Een van die duidelike ooreenkomste tussen die besoekte skole en Gimnasium se filosofie, is die siening dat tegnologie ’n hulpmiddel is – nie ’n vervanger vir die onderwyser nie. Dit gaan oor die slim en doelgerigte gebruik van tegnologie, eerder as blote tegnologiese oorlaai. Die internasionale skole was veral beïndruk met Wolkskool – ’n Afrikaanse e-leerplatform wat wys dat ons plaaslik ook baanbrekerswerk doen.

Moderne kurrikulum, tydlose waardes

Die skole in Australië en Nieu-Seeland plaas ’n groot klem op geïntegreerde leer en moderne pedagogie. Daar is sterk elemente van spanwerk, interaktiewe leer en stasie-gebaseerde onderrig. Hierdie metodes word reeds deur die SOS in verskeie skole toegepas, en sal kernbly in Gimnasium Pretoria se benadering.

Vol inspirasie en gereed vir aksie

Die besoek het nie net nuwe idees opgelewer nie, maar ook internasionale verhoudings gebou wat in die toekoms nog groot vrug sal dra. Die span keer terug met vars insigte, konkrete planne en ’n hernude passie vir die bou van ’n wêreldklas Afrikaanse skoolgemeenskap.

Hierdie artikel het oorspronklik verskyn in Voelgoed Tydskrif.

Volg Gimnasium Pretoria se sosiale media platforms om eksklusiewe terugvoer, foto’s en stories van die toer te sien – en om deel te wees van ons reis na opvoedkundige uitnemendheid!

Sluit aan by die Gimnasium gemeenskap.

Bly op hoogte met die nuutste nuus en gebeure.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form