Meer as net ‘n fase: hoe Gimnasium tieners laat groei

‘n Onderhoud met Maryke Bellingan, onderwys spesialis en leerderondersteuner by Gimnasium

Maryke Bellingan is die soort opvoeder wat jy onthou lank nadat jy die skool verlaat het. Nie net vir wat jy by haar geleer het nie, maar veral vir haar passie vir die kinders en die skoolomgewing. Met twaalf jaar se ervaring in die onderwys en leerderondersteuning, is sy die hart agter Gimnasium se beleeffase.

Ons het by Maryke gan kuier om te hoor wat hierdie fase werklik beteken, en hoekom dit so ‘n belangrike tyd in elke kind se lewe is.

Maryke, vertel ons ‘n bietjie van jouself. Wat doen jy by Gimnasium?

Ek is Maryke Bellingan, en ek is ‘n onderwys spesialis by die Skole Ondersteuningsentrum in Wiskunde. Maar as ek eerlik moet wees, my groot liefde is leerderondersteuning. Dit is wat my hart laat klop. Ek het ongeveer twaalf jaar se onderwyserervaring, en by Gimnasium is ek spesifiek verantwoordelik vir die leerderondersteuning binne die Gimnasiumspan, en ook vir die beleeffase.

Wat is die beleeffase presies, en hoekom noem julle dit so?

Die beleeffase is wat die meeste mense ken as graad 7 tot 9, of die senior fase. Maar die woord beleef verwys so mooi na wat die kind op daardie stadium van ontwikkeling werklik nodig het. Dink daaraan: nadat hulle in die vroeër fases ontdek en ondersoek het, is dit nou tyd om te beleef en te ervaar. Dit gaan daaroor dat hulle keuses kan begin maak, sodat hulle in die volgende fase kan bemeester wat hulle ook werklik interesseer.

Wat is die grootste fokus binne die beleeffase?

Die woord self sê dit eintlik al: beleef. Ons wil hê die kinders moet werklik verstaan dat die akademie en die regte wêreld nie van mekaar verwyderd is nie. Ons moet hulle gereedmaak en hulle aan soveel as moontlik blootstel, sodat hulle in die volgende fase ‘n ingeligte keuse kan maak oor waarin hulle wil bemeester. Sodat hulle weet hoe hulle roete lyk. Waarin wil hulle spesialiseer? Wat wil hulle eendag gaan swot? Daardie vrae begin hier al beantwoord word.

Hierdie ouderdomsgroep staan bekend vir meer as net akademiese uitdagings. Hoe hanteer julle dit?

Absoluut. Kyk, ons kinders sukkel met meer as net die akademie. Dit is fisies, dit is emosioneel, maar dit is ook die onsekerheid van wie is ek en wat is ek. Kom ons sê dit so: ons praat van die tieners. En enigiemand wat al met tieners gewerk het, weet dat daar baie meer ondersteun moet word as net wiskundige formules of geskiedenisdatums.

Hoe lyk die ideale leeromgewing vir ‘n kind in die beleeffase?

Die binneruimtes van die beleeffase in Gimnasium moet vir die kinders voorspelbaar wees. Dit moet konsekwent wees, en daar moet ‘n duidelike struktuur wees. Dit moet die een plek wees waar hulle veilig kan voel en nie onseker is oor dit wat môre of vandag gaan gebeur nie. Vir ‘n tiener wat reeds soveel onsekerheid beleef, is daardie gevoel van stabiliteit ononderhandelbaar.

Kan jy die binne- en buiteruimtes by Gimnasium vir ons beskryf?

Jy weet, ons kan eintlik nie die buiteruimtes apart bespreek van die binneruimtes nie. Die binneruimte en die buiteruimte is eintlik een groot leeromgewing. Dis een area waar die kinders regtig kan beleef. Hulle kan die wetenskappe buite die klas beleef, maar ook binne-in die klas. Selfs die wiskunde. Enige vak wil ons regtig so integreer dat die buiteruimtes en binneruimtes saam een groot leerruimte word. Daar is nie ‘n muur tussen die klaskamer en die wêreld daar buite nie.

As jy een ding kon sê aan ouers wat oorweeg om hulle kind na Gimnasium te stuur, wat sou dit wees?

Woorde is eintlik niksseggend. Kom beleef dit saam met ons by Gimnasium.

Sluit aan by die Gimnasium gemeenskap.

Bly op hoogte met die nuutste nuus en gebeure.

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form