Die wêreld hardloop nie volgens ’n skoolrooster nie

deur Melanie Kroukamp ’n Skool soos Gimnasium staan op ’n besonderse plek in onderwys: nuut genoeg om vars te dink, maar doelgerig genoeg om diep te bou. Onafhanklike skole is belangrik omdat hulle dikwels vinniger kan aanpas by ’n veranderende wêreld. Hulle hoef nie net vas te val in hoe skool nog altyd gelyk het […]

Toekomsvaardighede: ‘n Kompas vir leer en ontwikkeling

Dr. Hanrie Bezuidenhout – Skoleondersteuningsentrum Ons nuwe werklikheid word dikwels gekenmerk deur voortdurende verandering, onvoorspelbaarheid en kompleksiteit. Per definisie leef ons in ‘n wêreld wat onseker is. Vir baie ouers en onderwysers kan dit oorweldigend wees om te besin oor watter vaardighede kinders moet ontwikkel om nie net in die toekoms te oorleef nie, maar […]

Die rol van Gimnasium in die volhoubare voortbestaan van Afrikaanse onderwys.

deur Leon Fourie, Uitvoerende hoof: Skoleondersteuningsentrum (SOS) Krisismomente en ontknoping in Afrikaanse onderwys – die afgelope 200 jaar Daar was in die afgelope 200 jaar, verskeie krisismomente, waar die voortbestaan van Afrikaanse onderwys bedreig was. Die vernaamste voorbeelde hiervan, was die verengelsingsbeleid na die Britse oorname in 1806 aan die Kaap, asook na die Anglo-boereoorlog. […]

Berei ons skole nog ons kinders voor vir die wêreld daarbuite?

Die gesprek duik gereeld op: Faal ons skole ons kinders? Berei ons skole ons kinders werklik voor vir die toekoms? Moet ons anders dink oor onderwys? Die antwoord is egter nie so eenvoudig nie. Eerstens moet ons eerlik kyk na ons huidige openbare skole. Aan die een kant sit ons met ’n gebroke stelsel – […]

Skole: Die spilpunt van gemeenskappe

Deur Valentyn van der Merwe, Hoof: Innovasie, Skoleondersteuningsentrum (SOS) Wat gebeur met ’n gemeenskap wanneer sy skool verswak? En daarteenoor, wat gebeur wanneer daardie skool floreer? Hierdie vrae is nie teoreties nie. Dit is prakties. Dit is tasbaar. In baie dorpe en woonbuurte regoor Suid-Afrika sien ons daagliks hierdie antwoord voor ons uitspeel. Ek woon […]

Lesse uit Amerika se klassiekale onderwysmodel

Oorsee om te leer Goeie onderwys ken geen landsgrense nie – elke gemeenskap bied waardevolle inspirasie vanuit hul eie ervaring. As deel van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se strewe om voortdurend op hoogte te bly van die beste onderwyspraktyke wêreldwyd, het lede van die SOS, Akademia en Gimnasium onlangs ’n studiereis van sowat 3,200km deur […]

Afrikaanse skole se prestasie en uitdagings: ‘n Oorsig van die SOS Matriekuitslaeverslag 2024

deur Louis Dekker, uitvoerende hoof: Gimnasium Die Solidariteit Skole Ondersteuningsentrum (SOS) het onlangs hulle verslag oor die Nasionale Matriekuitslae van 2024 uitgereik. Soos in die verlede bevat die verslag baie insiggewende statistieke en gevolgtrekkings. Die verslag is ook in die afgelope paar jaar gevestig as een van die mees akkurate ontledings van die jaarlikse uitslae […]

Gimnasium Pretoria se onderwyslegkaart

Geskryf deur Charlotte Fourie Legkaarte, ‘n antieke vorm van vermaak en breinontwikkeling, strek terug tot so vroeg as die 3de eeu v.C. Hierdie speletjies, bekend vir hul vermoë om menslike vernuf en kennis te toets, daag spelers uit om stukke logies saam te voeg of uitmekaar te haal om ‘n bepaalde oplossing te vind. Een […]

Die toekoms van onderwys: Innoverende onderrigmodelle en -metodes

Geskryf deur Johan Koekemoer Terwyl die wêreld om ons verander, bly een vraag pertinent: Hoe berei ons ons kinders voor vir die toekoms? Dit is ‘n vraag wat onderwysinstellings wêreldwyd laat kopkrap, veral in die lig van die vinnige tegnologiese vooruitgang en die onvoorspelbare uitdagings van die digitale era. Organisasies soos die Solidariteit Beweging se […]

Voltooi die vorm om die brosjure af te laai

Brochure Form